1. 1

    Kaapstad – Drie mense is dood en twee ander beseer in ‘n ongeluk Saterdagoggend in Durbanville.

    “Die ongeluk wat op die R304 gebeur het, was tussen ‘n Isuzu-bakkie en ‘n Jeep,” het Tristan Wadeley, woordvoerder vir ER24 gesê.

    “Daar word vermoed dat die Isuzu bakkie ‘n groep fietsryers verbygesteek het, toe die botsing plaasgevind het,” het Wadeley gesê.